Reklamewenke vir oorlewing in ‘n ekonomiese borrel

man underwater with bubbles

Suid-Afrika is ‘n land van kontraste, ook op ekonomiese terrein.

Die een dag lees jy ‘n berig dat ons land in ‘n ekonomiese borrel verkeer wat gaan bars sodra rentekoerse gaan styg, wat klaarblyklik onafwendbaar is oor ons groot buitelandse skuldlas en lae groeikoers.

Die ander dag word jy meegedeel dat Statistiek Suid-Afrika al weer erens ‘n berekeningsfout gemaak het en dat daar meer as 408 000 mense wel werk het in die nie-landbou sektore en salarisse en lone van R130 biljoen per jaar huis toe neem.

Geen wonder dat boeke soos Prepare for the Worst, Plan for the Best deur Donna R Childs sulke topverkopers is nie. Toe ek vanmiddag op Amazon.com kyk, was daar net drie kopieë in voorraad, maar die versekering is gegee dat daar nog op pad is.

Nog ‘n waarheid is dat waar daar drie ekonome bymekaar is, gaan jy vier menings kry!
Oor die beste strategie vir die pad vorentoe wil ek my nie regtig uitlaat nie, maar ek dink meeste besigheidsmanne sal nou kyk hoe hulle hul kwespunte kan verklein of minder maak, sonder om hul produktiwiteit of vermoë om inkomste te genereer aan bande te lê.

Op Piet Croucamp se insiggewende televisiereeks oor ons land se megaboere hoor ek hoe een van hulle besluit het hy gaan in hierdie tyd van lae rentekoerse die risiko waag om duur trekkers en implemente met behulp van lenings aan te koop. Ek dink dit was die regte ding want die lande staan geil. Hy sal minstens vanjaar in staat wees om ‘n groot deel van die kapitaal te delg, en as die borrel bars het hy goeie toerusting wat gaan help om sy produksie te verhoog en sy uitgawes laag te hou.

Ons is ook trots op Cape Canopy Tour, een van ons kliënte wat groot gewaag het om op een van die mees ongerepte plekke in ons land glykabels op te rig. Die impak op die natuur is laag, maar die ervaring wat hy aan toeriste bied, is onbepaalbaar baie werd. Vir Ryan Larkman was bemarking ‘n sleutelfaktor om daarvan ‘n sukses te maak. Stadigaan het die woord versprei totdat dit uiteindelik gesneeubal het en in al wat koerant en tydskrif artikels daaroor geplaas is. Die kersie op die koek was toe Cape Canopy Tour tweede op die reisgids Lonely Planet se lys van die beste nuwe attraksies in die wêreld geplaas is.

Die stigter van CNN en een van die rykste mense op aarde, Ted Turner, is bekend daarvoor dat hy sy resep vir sukses met die volgende gesegde opsom: “Early to bed, early to rise, work like hell and advertise!”
Die groot probleem is natuurlik die wêreld van reklame het ‘n drastiese omwenteling ondergaan sedert Ted se begindae en ek dink selfs hy wat sy rykdom deur die media gevind het, sal sukkel om vandag die regte besluite te neem.

‘n Artikel in Forbes het my op die spoor geplaas van ‘n relatief onbekende digitale bemarkingsfirma in die VSA, Fivefifty, wat eintlik ‘n reus in sy veld is. Die stigter van hierdie firma, Ryan Wilson, wat as jy google ‘n naam vir sokker- en rugbysterre is, glo dat jy jouself reeds vandag vir more moet voorberei. Jy moet voortdurend probeer dink hoe die pad vorentoe gaan loop. Jy moet neigings en tendense raaksien oor wat verbruikersgedrag in die toekoms gaan bepaal.

Die vyf wenke wat hy vir hedendaagse adverteerders het, is:

Of die ekonomiese borrel in Suid-Afrika gaan bars of nie, dit is ‘n onbetwisbare feit dat goeie reklame vir jou sukses en oorlewing kan verseker. Moet net nie jou swaarverdiende geld mors op advertensiemediums wat nie vir jou gaan werk nie.

Fanie Krige is die media- en skakelkonsultant van Solid Stuff Creative en help ook graag met strategiese bestuursondersteuning. Kontak hom by fanie@solidstuff.co.za.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *